Local sportSport

Miecke woeker met haar talente

Sy het onlangs een van die jongste Suid-Afrikaners geword om 'n vlak 1-skeidsregterkursus te slaag.

‘n Multitalentvolle leerling van Laerskool Nelspruit is een stappie nader aan haar droom om ‘n netbalskeidsregter te word.
Sy het onlangs een van die jongste Suid-Afrikaners geword om ‘n vlak 1-skeidsregterkursus te slaag. Die 11-jarige Micke Botes dans, sing, speel elke posisie op die netbalbaan, skryf, lees baie boeke en droom daarvan om eendag vir die Proteas te speel, ‘n dansskool te begin, haar eie kinders te hê, ‘n vlak 3-skeidsregter en ‘n psigiater te wees.
Dit is ‘n mondvol, en haar ma Adel is dit eens dat sy boonop ‘n beheervraat is. Dit is juis hieroor dat die liefde om ‘n skeidsregter te word, gebore is. Om die proses aan die gang te sit, moes sy op haar jong ouderdom by Tukkies aanmeld om ‘n veeleisende toets oor die reëls en teorie van netbal te skryf.
Sy is egter van mening dat dit nie so moeilik was nie, en het albei toetse met vlieënde vaandels geslaag. Sy is dieselfde aand na sy die kursus voltooi het, in kennis gestel dat sy 90 % vir albei eksamens verwerf het – genoeg om een van die land se jongste kwalifiseerders van dié eskamen te word.
Magriet Bester, die fasiliteerder, het gesê dat Micke ‘n positiewe houding en baie wilskrag getoon het. Sy verduidelik egter dat hierdie slegs ‘n druppel in die emmer is en dat sy binnekort ook die praktiese eksamen moet voltooi. “Hier word sy gegradeer, wat sal bepaal watter wedstryde sy kan blaas. Die gradering is geldig vir drie jaar en tydens dié tydperk kan sy haar gradering verbeter,” verduidelik Bester.
Die hoogste vlak wat bereik kan word, ook waar Micke wil opeindig, is vlak 3. “Ek wil voordat ek hoërskool toe gaan, klaar wees met vlak 1, en voor ek my skoolloopbaan voltooi, vlak 2,” sê Micke. Maar, vir eers, verskuif sy haar fokus na dans.

Also read: Team Salmo bags first LBT win

Anje Nel sorg vir NHS se beste vertoning

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Check Also
Close
Back to top button