Local sportSport

NSK se dogters spog met gesogte titel

Nelspruit Stoeiklub (NSK) se Shiloh Mathane (o/10) en Bioné Kleynhans (o/11) het vir die eerste keer in 2016 aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe deelgeneem.

‘n Jaar later is dié twee as die klub se sportdogters van die jaar gekroon.

Nie net het hulle hul provinsiale kleure verwerf nie, maar met hul deelname aan die SA’s, waar hulle boonop goue medaljes verower het, spog die groen-en-goudsweetpakke ook in hul kaste.

Afrigter van NSK, Hansie Kruger het erkenning vir sy internasionale deelname gekry. Hy het Suid-Afrika op internasionale vlak as afrigter van die SA kadetspan by die Afrika-kampioenskappe en wêreldkadetkampioenskappe verteenwoordig.

Buiten Shiloh en Bioné het nog agt stoeiers na afloop van die 2017-seisoen provinsiale kleure ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button