Local sportSport

Tien jaar oud, ‘n dekade later

Hoërskool Nelspruit se Dylin Mulder, Zander van der Merwe, Robbie Drummond en Giano Dos Santos het geskiedenis gemaak by vanjaar se interhoërswem.

Dié vier seuns swem sedert hul 10 jaar oud was, saam in ‘n span.

Daardie dag het hulle ‘n 21 jaar oue rekord verpletter.

Lowveld High School se o/16’s het in 1997 die 200 m-vryslag in ‘n tyd van 1:51,32 voltooi. Vandag staan ‘n tyd van 1:50,02 in die rekordboeke opgeteken.

Lowveld High’s Azande Shongwe.

NHS se swemspan is vir die derde agtereenvolgende jaar as die interhoërswemkampioene aangewys.

Suid-Afrikaanse Skole-swemkampioen, Giano het twee goue medaljes in onderskeidelik die 50 m-rugslag (30,49) en die 50 m-vlinderslag (28,09) verower – dit was ook rekordtye.

Verlede jaar se senior victor ludorum, Jetro Piso het sy eie tyd in die 200 m-vryslag, van 2:21,89 na 2:15,70 verbeter.

Jetro Piso.

Nicci Viljoen, ook van NHS, het haar segetog in die swembad voortgesit met besonderse prestasies in die 50 m-rugslag (33,94) en in die 50 m-vryslag (29,12). Dié o/15-dogter was net-net kort van die voormalige SA kampioen, Vanessa Sutherland se tye van 33,90 en 29,02.

‘n Swemmer wat in die jeug-ontwikkelingsgroep ingesluit is, Brooklyn Croxon (o/14) het ses eerste plekke behaal. Dié leerder van Curro Nelspruit het op haar persoonlike beste tyd in die 50 m-vryslag met ‘n breukdeel van ‘n sekonde gemis.

Brooklyn Croxon.

Dit was egter een van die top-tye van die dag. Brooklyn het die stophorlosie op 37,32 sekondes laat druk. Sadie Barnard (Penryn College) was tweede met ‘n tyd van 48,46.

Jordyn Minifie (Uniswim, Penryn) het drie rekords in onderskeidelik die 50 m-borsslag, 50 m-vlinderslag en die 100 m-rugslag, verbeter.

Jordyn, die enigste dogtersswemmer van Mpumalanga wat die nodige kwalifiseringtyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Kortbad-kampioenskappe kon haal, was nie in die 400 individuele wisselslag by die interhoër in aksie nie.

Fotos: Handre Homann en Carli Koch

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button