Losskakel bring verligting
Maties se losskakel, Chris Smith meld eersdaags by die Pumas aan.
Daar was kommer in die Pumagroep oor die tekort aan agterspelers.
Chris het in 2013 die Westelike Provinsie op o/19-vlak verteenwoordig. Daarna het hy vir die Kapenaars in die o/21-trui uitgedraf en speel sedert 2016 vir Maties.

Justin van Staden is as heelagter saam met Gerrit Smit in die Pumas se 2018-groep genoem.
Van Staden het ‘n reuseskopvoet aan hom en kan ook pale toe korrel. Kobus Marais sal tien teen een as die gunsteling in die nommer-10-trui gesien word.
Die Pumas se hoofborg behoort volgende week gefinaliseer te word. Steval het aan die einde van 2017 as hoofborg onttrek nadat hulle sedert 2014 by die Mpumalanga Rugby-unie betrokke was.
So speel die Pumas (opwarmingswedstryde)
• 30 Maart – Pumas vs. Blou Bulle op Kees Taljaard, Middelburg
• 7 April – Pumas vs. Sharks XV op Nelspruit Marathonklub.

