Local sportSport

NHS blaf in 2019 saam met die groot honde

NHS vervang Kempton Park, wat vanjaar laaste in die A-bond was. 

Hoërskool Nelspruit se o/17-atleet in die 800 m, Jaytee Broers is besig om amok op die baan te maak.

Jaytee het op sy tyd in die 800 m sedert die Mediclinic Nelspruit Interhoër verbeter nadat hy die item in 1:55,83 kafgedraf het. Sy tyd by Hoërskool Rob Ferreira was 1:58,99.

Dié o/17-deelnemer was NHS se top-seunsatleet op die dag met 1 004 punte op die ABSA-tabel.

Iemand oor wie daar nog baie in die toekoms gepraat gaan word, Anje Nel (o/14) het ‘n goue medalje in die hoogspringitem ingepalm met ‘n hoogte van 1,65 m. Hoewel dit nie haar persoonlike beste is nie, het dit haar steeds 1 071 punte in die sak gebring. Sy het by die interhoër ‘n 1988-rekord van 1,65 m na ‘n hoogte van 1,66 m verbeter.

Anje Nel. Foto: Stefan de Villiers

Anje het nóg ‘n rekord in die 90 m-hekkies met ‘n tyd van 13,75 sekondes herskryf. Carmen Cronje het in 2012 ‘n 13,79 agter haar naam geskryf.

Rhodé Nel (o/15) het twee rekords in onderskeidelik die 200 m en die 400 m verpletter.

Shana Scott (o/15, skyfwerp), Lallie Grobler (o/14, 300 m- hekkies) en Van Reenen Kruger (o/15, 300 m-hekkies) was ook rekords werd.

Shana Scott.

Volgens die promosie-relegasiebeginsel, skuif NHS dan volgende jaar op na die A-bond, met EG Jansen wat afskuif na die C-bond.

Rekords
• Rhodé Nel (o/15) – 200 m, 25,21 sekondes (Zani Mattheus 25,37, 2008); 400 m, 57,37 (Rhodé het op haar eie tyd van 58,34 verbeter)
• Shana Scott (o/15) – skyfwerp, 35,88 m (Shana het haar eie rekord van 35,15 m verbeter)
• Aflos, dogters o/15 – 50,45 (die dogters het vroeër vanjaar ‘n 50,47 gehardloop)
• Anje Nel (o/14) – 90 m-hekkies, 13,75 (Carmen Cronjé 13,79, 2012)
• Lallie Grobler (o/14) – 300 m- hekkies, 47,11 (Carmen Cronjé 47,85, 2012)
• Van Reenen Kruger (o/15) – 300 m-hekkies, 39,39 (Van Reenen het vroeër vanjaar ‘n 39,74 verbeter).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button