Local sportSport
Lize is steeds die Laeveld se nommer een
Ehlanzeni Tennis se eerste gekeurde speler, Lize van Biljon (o/18) het die afgelope naweek skoonskip gemaak toe sy in die geslotetweetoernooi teen Beaulah Alberts (nou eers o/15) te staan gekom het.
Lize, Mpumalanga se tweede beste speler, het 6-1 en 6-1 met Beaulah afgereken.
Die o/13-wedstryd tussen Yusuf Asvat en Schalk Grobbelaar was egter ‘n riller. Die wenner is na twee stelle en ‘n valbylpot beslis.
Yusuf het die eerste (6-3) en die derde pot 10-6 oorheers. Schalk het die tweede stel met een pot, 7-6 gewen.
Die o/13-dogter Lize Oosthuizen het haar opponent, Lisa Annandale met skoonstelle geklop met ‘n telling van 6-0 en 6-0.

Daar is ‘n moontlikheid dat ‘n vyfde toernooi gaan plaasvind voordat die interdistrikte span aangekondig sal word.
Die volgende geslote toernooi word 20 tot 21 April gespeel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!








