Local sportSport

Shanese en Ashley mik vir goud

Nellies se Shanese de Clerck en Ashley Erasmus sal hul visier op kampioenstatus rig. Albei die atlete het verlede jaar by die Kennith McArthur-stadion in Potchefstroom tweede plekke verower. 

Suid-Afrikaanse Skole se gewigstoot-kampioen, Vaughn van Zyl is terug om sy titel te verdedig.

Dié kampioenskappe word van 15 tot 17 Maart by die Dal Josaphat Atletiekstadion in die Paarl gehou.

Vaughn, ‘n atleet van Laerskool Nelspruit het verlede jaar 11,37 m in die SA’s gestoot. By die Hi-Tech Interlaer het dié o/11-atleet goud met ‘n afstand van 12,79 m om sy nek gehang.

Die Mussa’s is die afgelope naweek in Secunda beslis. Hier het Vaughn 12,33 m gestoot en so sy plek in die provinsiale span bespreek.

Vaughn van Zyl.

Chinique Jenkins van Gauteng het verlede jaar die goue medalje in verspring onder Shanese se neus opgeraap en ‘n wenafstand van 5,11 m aangeteken. Maar vanjaar sal Shanese haar aanslag op die goud mik.

Sy het Saterdag ‘n massiewe sprong van 5,21 m gespring. Shanese sal ook in die hoogspringitem aantree.

Sy het verlede jaar ‘n silwermedalje met ‘n hoogte van 1,58 m verower. Haar persoonlike beste in hoogspring staan nou op 1,66 m.

Die gewigstootkampioen van 2016, Ashley (nou eers o/12) se kans om die goue medalje vir dogters o/13 te wen, is so te sê ‘n uitgemaakte saak.

Sy het vroeër die seisoen by CR Swart ‘n nie-amptelike afstand van 14,15 m gegooi en hoop nou om die 50 m-merk te oorskry.

Dit sal ook ‘n spannende affêre in die diskussirkel wees, met die dat Ashley in Potch ‘n agtste plek met ‘n afstand van 29,09 m beklee het. Dit was egter ‘n toetslopie met die oog op vanjaar se seisoen.
Haar skyfwerp vat op 40,54 m grond – 11,45 m verder as in 2017.

Witrivier se spoedvraat, Callum van Staden (o/12) en sy spanmaat, Ruan Bosch (o/13) sal ook in die Paarl in aksie wees.

Callum van Staden.

Ruan het in Potch ‘n 10de plek behaal met ‘n hoogte van 1,38 m. Die wenhoogte was 1,68 m.

Hy sal besls ‘n medaljeaanspraakmaker wees nadat hy Saterdag met 1,60 m gespog het.

Callum het in 2017 in die eerste lopie in die 75 m-hekkies met ‘n tyd van 12,55 sek uitgeval. By die interlaer het hy die horlosie op 12,18 gestop.

Ruan Pretorius.

Nellies se o/10 Vian Louw (gewigstoot, 08,84 m), Zané Nel (gewigstoot, 08,68) en Simoné Lourens (hoogspring) sal vanjaar hul eerste blootstelling aan ‘n SA byeenkoms kry.

Laeveld se Ruan Pretorius het ‘n eerste plek vir seuns o/13 in hoogspring van 1,60 m behaal. Curro Nelspruit se Julia van Aardt (o/13, 75 m-hekkies en 200 m-hekkies) en Siyavuya Mnisi (o/13, 70 m-hekkies) sal ook saam met die provinsiale span na die Boland toer.

Julia van Aardt.

 

Lees die volledige lys van atlete wat SA’s toe gaan in Vrydag se uitgawe van Laevelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button