Local sportSport

Vier van NHS deel van Maties, Pukke se span

Voormalige netbalspelers van Hoërskool Nelspruit, Carmen Cronjé, Tania Hlabani, Inge Janse van Vuren en Mbali Mabuza is in hul onderskeie universiteite se spanne ingesluit.

Cronjé het NHS se eerstes in 2016 aangevoer waarna Hlabani die leisels die volgende seisoen oorgeneem het.

Janse van Vuren, wat ook verlede jaar deel van die span was, is in Maties se top-20-hoëprestasiegroep ingesluit. Volgens Maties se afrigter, Zanele Mdodana is die dogters harde werkers wat toegewyd is en alles gee.

Lees ook: Dogters kook op die netbalbaan

“Hoewel Cronjé verlede jaar beseer is en ‘n knie-operasie moes ondergaan, het sy baie sterk teruggekom danksy goeie rehabilitasie.”

Mabuza wat in 2016 matrikuleer het, draf vir Pukke se o/19-span uit. Sy is ook deel van die hoëprestasiegroep wat verlede jaar die nasionale kampioenskappe gewen het.

Mbali Mabuza.

Volgens Heléne Botha van Pukke is sy ‘n integrale deel van die span en met harde werk kan sy reeds hierdie jaar in die senior groep opgeneem word.

NHS se netbalorganiseerder, Reneé Adendorff wens hulle alle sterkte vir die toekoms toe.

“Ons sien uit daarna om hulle prestasies te volg,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button