Local sportSport

Afrigters verfyn die kuns van netbalspeel

Tydens 'n kursus by Hoërskool Nelspruit het Kotze plaaslike afrigters die geleentheid gegee om hul vermoëns op te skerp.

Elize Kotze, voormalige Protea-netbalafrigter en Springbokspeler het verlede week vir meer as 70 ywerige afrigters gewys hoe dit gedoen word.

“Die doel was om soveel moontlik afrigters van die omgewing bymekaar te bring om by Elize te leer hoe om aanval en verdediging beter af te rig,” het Renée Adendorff, netbalorganiseerder by NHS gesê.

Lees ook: Restaurantjie behou vir nou sy sambreel

Volgens Adendorff wat self al vir 25 jaar Kotze se kursusse bywoon, is verdediging soms moeilik om af te rig.

“Sy het dit opgebreek in fases sodat dit makliker is om te verstaan en toe te pas,” het sy gesê.

Adendorff het bygevoeg dat Kotze gewoonlik net op spesifieke skole fokus, of op uitnodiging met groepe afrigters werk.

Lees ook: Former MEGA clerk has her day in court

Elize Kotze en Renée Adendorff.

“Met hierdie geleentheid het ons regtig probeer om afrigters van verskeie skole in die Laeveld die geleentheid te gee om by Elize se ongelooflike kennis te baat.”

Kotze wat lid was van die span wat die 1995-netbalwêreldbeker gewen het, is volgens Adendorff ‘n uitmuntende afrigter met ‘n hart vir kinders.

“Haar fokus is regtig om netbal oor die land te bevorder,” het sy gesê.

Lees ook: Local sparks sustainability

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button