Kombinasie, ritme hoofdoel vir môre
Die Pumas se SuperSport-uitdaagtoernooi skop oor minder as 'n maand teen die Blou Bulle in Mbombela af.

Nelspruit Rugbyklub (NRK) wag môre op hul tuisveld vir die Pumas in die eerste van drie opwarmingswedstryde in die aanloop tot die SuperSport-toernooi.
Hoofafrigter van die Pumas, Brent Janse van Rensburg sê dat dit ‘n goeie geleentheid sal wees om te sien hoe veral die nuwe gekontrakteerde spelers vaar.
“‘n Hele paar spelers is nie vir môre se wedstryd beskikbaar nie. Die hoofdoel van die wedstryd is om kombinasies te toets en om stelsels met die oog op die SuperSport-toernooi reg te kry. Ritme sal ook van belang wees. Dankie aan NRK wat ingestem het vir die geleentheid. Ons sien uit om na afloop van die wedstryd bande met die gemeenskap te smee.”
Die kragmeting begin om 15:00 op NRK se veld. Toegang beloop R20 per volwassene.
Pumas vs. Nelspruit Rugbyklub
Devon Williams, JP Lewis, Barend Smit, Johann ‘Boeta’ Vermaak, Ruwellyn Isbel, Kobus Marais, Stefan Ungerer, Nardus Van der Walt, Hilton Lobberts, Brian Shabangu, Cameron Lindsay, Le Roux Roets, Louis Albertse, Marko Janse van Rensburg, De-Jay Terblanche.
Plaasvervangers: Jakes Britz, Morgan Naudé, Marné Coetzee, Jannie Stander, Francois Kleinhans, Abrie Griesel en Gerrit Smit.























