Local sportSport

NHS verloor twee uit twee, Pta-stryd afgestel

Stut van Hoërskool Nelspruit en Suid-Afrikaanse skolespeler, Banele Mthenjane het Woensdag teruggekeer van Stellenbosch.

Banele was deel van Saru se ontwikkelingsgroep wat ‘n oefenkamp tussen 18 en 21 Maart bygewoon het.

Dié 18-jarige het Saterdag nog vir NHS se KMI Airport Rhinos in die tweede ronde van die Tuks-skolereeks gespeel. Hy het egter in die week ‘n kniebesering opgedoen en daar is nie duidelikheid of hy komende naweek vir die jaarlikse derby teen Hoërskool Waterkloof gereed sal wees nie.

Waterkloof het egter gister gesê dat die wedstryde weens die swaar reën nie sal plaasvind nie. 

Hy was in 2017 deel van Saru se “droomspan” wat in die Paarl aan ‘n oefenkamp deelgeneem het.

Verlede jaar was hy die enigste Pumaspeler van die o/18 Coca-Cola Cravenweek wat by die groep ingesluit is.

Saru het 50 spelers van regoor die land na Stellenbosch genooi met die hoofdoel om die spelers vir toekomstige Springbokspanne voor te berei.

NHS se wintersportspanne het Saterdag in die tweede ronde van die Tuksreeks teen Die Hoërskool Menlopark te staan gekom. Die eerste was teen dr. EG Jansen.

Die Rhinos kan net hulleself blameer dat hulle met 17-14 verloor het. EG het die vorige week die

Laevelders met ‘n reusetelling van 69-26 pakgegee.

Net NHS se tweede rugbyspan asook die o/14B’s kon ‘n oorwinning behaal het.

Die o/17A-netbalspan van NHS is die enigstes wat Menlopark kon wen met ‘n telling van 25-19. Op die hokkievelde het Menlopark ook die oorhand gehad. NHS se tweede seunspan en die o/16B’s het met onderskeidelik 3-2 en 2-1 geseëvier.

Foto’s: Handré Homann / www.hhphotoxpress.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button