Local sportSport

Laeveld se atlete is die land se beste

2017, een Suid-Afrikaanse Skolekampioen. 2018, drie Suid-Afrikaanse Skolekampioene.

Laerskool Nelspruit se Shanese de Clerck (13), Kiara Craven (11) en Ashley Erasmus (13) het elk goue medaljes na afloop van die land se top-byeenkoms vir laerskoolatlete, teruggebring.

Ashley Erasmus, Shanese de Clerck en Kiara Craven.

Die byeenkoms is verlede week by die Dal Josaphat Stadion in die Paarl beslis.

Ashley het twee eerste plekke verower – in die gewigstootput en in die diskussirkel. Tydens verlede jaar se SA’s moes sy in albei hierdie items met tweede plekke tevrede wees.

Haar poging van 29,09 m gedurende verlede jaar se SA’s het haar ‘n agtste plek besorg. In Stellenbosch het sy ‘n 42,94 agter haar naam geskryf.

Ashley Erasmus.

Ashley het aan die einde van verlede jaar vir haar ‘n doelwit gestel om hierdie seisoen oor die 14 m te stoot – sy was egter net kort van die afstand. Met ‘n SA rekord-afstand van 13,99 – die vorige rekord is deur Simoné du Toit in 2001 met ‘n afstand van 13,91 opgestel – het sy die eerste plek op die podium ingeneem.

Kiara (o/11) het in 2017 ‘n vyfde plek in die hoogspring verower.

Hierdie jaar spog sy met ‘n wenhoogte van 1,40 m.

Sy het by die Buco Interlaer ‘n tweede plek met ‘n hoogte van 1,35 m behaal en daarna by Mussa’s ‘n 1,40 gespring.

Kiara Craven.

Die lang lenige atleet van Nellies, Shanese het ook met twee medaljes teruggekeer.

Sy het in die verspring met ‘n afstand van 5,27 m ‘n silwermedalje om haar nek gehang, maar haar eerste plek in hoogspring was onvergeetlik.

Sy het reeds by die interlaer gewys dat sy ‘n atleet is waarmee daar gereken sal word.

Met ‘n hoogte van 1,66 is sy die land se beste o/13-dogterhoog-springatleet. Micyla Botha van Gauteng het tweede geëindig met ‘n hoogte van 1,55.

Shanese de Clerck.

‘n O/13-span wat Suid-Afrika in Mei in Botswana gaan verteenwoordig, word binnekort aangekondig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button