Local sportSport

Gholfspelers pak die baan vir Lanies-fondsinsameling

Laerskool Malelane bied hul jaarlikse gholfdag al langer as 'n dekade aan en het Saterdag weer geesdriftige ondersteuning van besighede, plaaslike gholfspelers en pretmakers gehad.

‘n Vol veld van 60 spelers het Saterdag Laerskool Malelane se gewilde jaarlikse gholfdag by die Malelane Gholfklub ondersteun.

Dit is een van Laerskool Malelane se mees suksesvolle fondsinsamelingsprojekte en help geweldig om hul begroting in moeilike tye aan te vul.

Elke putjie en bof het ‘n borg gehad en daar is heelwat eet- en drinkgoed uitgedeel. Malelane Gholfklub het onlangs 15 nuwe gholfkarretjies aangeskaf en spelers wat vinnig gespring het, kon gemaklik op die baan rondrits.

Daar was ‘n hele tafel vol pryse op die spel en Georg Muller het die spelers en hul ondersteuners laat skaterlag tydens ‘n kort veiling.

Uitslae:

• Langste dryfhoue: Alex de Kock en Ronelle Meyer

• Onderberg Verwerking se langste dryfhou: Reghardt Scholtz

• Naaste aan die pen: Nico Matthee en Len Diedericks

• Langste dag: Byron Pieters

• Gholfspelerswenners: Jan Combrink jr. en Annette Balcomb

• Tweede plek: Neville Wenhold en Marinus Neethling

• Derde plek: Kevin Brits en Georg Muller

• Nie-gholfspelerswenners: Reghardt Scholtz en Francois Boshoff

• Tweede plek: Danie Slabbert en Michael Bodenstein

• Derde plek: Ronnie Tosen en Jaco Storey.

Die prysuitdeling is gevolg deur ‘n smaaklike middagete deur Hooked on Malelane en sommige spelers het tot vroegaand saamgekuier.

Die skool bedank al die borge wat ruim bygedra het tot die sukses van die dag, veral hoofborg Chicken Licken wat onder meer, pryse en ontbytpakkies verskaf het.

Dank gaan ook aan almal wat gehelp het om die admintake van die dag te verrig: Janke Brits, Nettie Neethling, Tersia Diedericks, Alicia Tosen, Patti Beacham en Milanie van der Merwe.

Die skool sien reeds uit na volgende jaar se gholfdag en hoop dat dit weer eens ‘n reusesukses sal wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button