Local sportSport

Laeveldliga reg afgeskop

Die eerste ronde van die Laeveld-ringballiga is goed op dreef - veral vir die spanne van Warriors Ringbalklub.

Wedstryde is Saterdag op Van Riebeeckpark se bane, tuiste van die Warriors beslis.

Lydenburg, Malelane en Komatipoort se spanne het na Mbombela gereis om met hul eweknieë kragte te meet. Nelspruit Ringbalklub was ook deel van die stryd.

Warriors se B-damespan het Lydenburg se A-span met 30-21 geklop terwyl die gasheerspan se B-manspan Malelane met 50-28 kafgeloop het.

Die wedstryde is deel van die eerste liga rondes wat 21 April tot ‘n einde kom. Die tweede rondes sal in Mei gespeel word.

Warriors het reeds 11 van die 22 wedstryde van die eerste ronde afgehandel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button