Local sportSport

Vorster is NKK se mees veelsydigste speler

Voormalige krieketheld van Hoërskool Nelspruit, Bernard Vorster is steeds besig om sy stempel in die sport af te druk nadat hy as Nelspruit Krieketklub (NKK) se veelsydigste speler van die jaar aangewys is.

Vorster het 336 lopies (‘n gemiddeld van 56,10) en 17 paaltjies in die 2017/18-seisoen agter sy naam geskryf.

Wihan Jacobs is vir sy 554 lopies in nege wedstryde as die beste kolwer benoem, terwyl Peet Welthagen sy klub se beste bouler van die seisoen met 22 paaltjies in 11 wedstryde is. Sy mees noemenswaardige prestasie was egter sy sewe paaltjies vir vier lopies in vyf beurte.

Bogenoemde spelers was deel van NKK se eerste span wat hul titel as Mpumalanga-kampioene verdedig het. Die span het in die eindstryd teen Middelburg te staan gekom en met sewe paaltjies geseëvier.

NKK se tweede krieketspan het tweede in die Ehlanzeni-liga geëindig nadat hulle teen Impala in die eindstryd vasgeval het.

Arno Gie is as die beste kolwer aangewys, Stephanu van Zyl as die beste bouler, en die veelsydigste speler is aan Ettiene Grobler toegeken.

Die klub se dames speel eerskomende naweek ook in die eindstryd om te bepaal wie die provinsie se beste is.

NKK staan ‘n baie goeie kans om die Titans by die nasionale klubkampioenskappe te verteenwoordig.

Die wedstryde word 14 en 15 April in Polokwane beslis.

Nóg pryse
• Klubman – Jacques Hopkins
• Nuwe lid – Jaco Botes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button