Komaties atlete swem en draf teen SA se bestes
Vyf van Komatipoort Akademie se atlete het Mpumalanga tydens die skoolvakansie by die SA Tweekamp-byeenkoms verteenwoordig.
Haywood van der Merwe, Wiam, Dieter en Inge Diedericks, sowel as Zarlia, Jan, Christn en WG Engelbrecht van Komatipoort was onder die 32 deelnemers en ondersteuners van die Mpumalanga-span wat aan die SA Tweekamp-byeenkoms op 31 Maart deelgeneem het.
Die atletiek is op Pilditch Stadion en die swem by die Hillcrest-swembad in Pretoria, aangebied.
Soos tydens die 42 byeenkomste voor 2018, het wêreldgehalte swem en atletiek toeskouers verstom.
Die provinsiale span het die jaar twee silwerplekke behaal danksy Frans-Josef Mentz van Mbombela en Middelburger Grant de Jager.

Tweekamp verg beste tye oor relatiewe kort afstande in swem en atletiek. Om mense oor die ouderdom van 40 en 50 ‘n kilometer te sien aflê onder twee minute en 50 sekondes en daarna 100 meter te swem onder een minuut, is nie ongewoon nie, meen Jan, die Mpumalanga-voorsitter.
LEES: Komati-atlete vaar goed by tweekamp-SA’s
Hy vertel dat tweekamp ‘n kompeterende familiesport is waar gesinne nie ontkoppel word nie, maar juis gebind word.
Al hoe meer gesinne neem deel en die jaar het mense uit Witrivier, Hazyview en Mbombela hulle tot deelname verbind. Skolekompetisies is iets nuuts en wek belangstelling.
LEES: Stay safe while training outdoors
“Hierdie sport is vir dié wat dit geniet om uitdagings aan hulleself te stel, wat waarde vind in eie prestasieverbetering, maar ook in die prestasies van ander. Leer jouself, jou gesin en ons land en sy mense beter ken,” sê Jan.
Hierdie jaar het die afrigter in Komatipoort die meeste punte verdien, en daarna Dieter en Inge.

Die bestuur bedank die borge Delta Claering, Fine & Country Lowveld Kruger, Rudamans en Ford Numbi vir hul bydrae.
Vir meer inligting besoek gerus sabiathlon.co.za of the Biathlon Mpumalanga Facebook-blad. Om deel te neem, skakel gerus Jan of Marita Engelbrecht by 082-784-5682 of Magda Stronkhorst van Komati Akademie.
