Whities vier 10de J&M-rugbyweek
Laerskool Witrivier het verlede week gasheer gespeel vir die 10de J&M-rugbyweek wat op sy tuisvelde gehou is.
Plaaslike laerskole Laeveld, Bergland, Whities en Nelspruit Primary was onder die nege skole uit drie provinsies, Limpopo, Mpumalanga en Gauteng wat oor die drie dae in aksie te sien was.
Na afloop van elke wedstryd, is die beste voor- en agterspeler geïdentifiseer. Die seuns het ‘n sertifikaat en ‘n geskenkpakkie van die betrokke borge ontvang.
Die volgende trofeë is na afloop van die toernooi oorhandig:
Span met die beste gees en gedrag
• Eerstes – Laerskool Van Riebeeckpark
• Tweedes – Laerskool Phalaborwa Noord
• O/11’s – Laerskool Randhart.
Beste vordering
• Eerstes – Nelspruit Primary
• O/11’s – Laerskool Nelspruit B.
Mees aanskoulike rugby
• Eerstes – Laerskool Goedehoop
• O/11’s – Van Riebeeckpark.
Die Laeveldliga skop Dinsdag 24 April af. So speel Laerskool Witrivier:
• 24 April – Laeveld vs. Witrivier (Laeveld)
• 3 Mei – Nelspruit Primary vs. Witrivier (Primary)
• 8 Mei – Witrivier vs. Bergland (Witrivier)
• 17 Mei – Nelspruit vs. Witrivier (Nelspruit)
• 24 Mei – Witrivier vs Lydenburg (Witrivier).
FOTO’S: Hennie Homann / www.hhphotoxpress.co.za







