Local sportSport

Taai stryd by rugbyfees

Hoërskool Nelspruit (NHS) se eerste rugbyspan het die afgelope vakansie aan die St. John's College-rugbyfees deelgeneem waar hulle een van drie kragmetings gewen het.

NHS was verlede jaar ook deel van dié spogtoernooi waar hulle oorwinnings in twee uit drie wedstryde behaal het.

Die span het in die eerste wedstryd teen Hilton College te staan gekom en net-net die knie met 8-10 gebuig. NHS het 75 % van die gebiedsvoordeel gehad maar hanteerfoute het hulle die wedstryd gekos.

Dit was egter ‘n besondere skouspel vir die skare want albei spanne se uitstekende verdediging het vir groot opwinding gesorg.

Anton van Eijk. Foto: Johan Orton

St. David’s College het op dag twee vir NHS gewag.

Nelspruit se ritme was beter. Hulle het ook minder hanteerfoute as op dag een gemaak en het met ‘n skaflike 29-17 geseëvier.

Een van Suid-Afrika se sterkste rugbyskole, Paul Roos het in hul drie wedstryde oor die 200 punte aangeteken en NHS met 68-0 afgeransel.

“Ons het ‘n taai stryd verwag. Ons lynstane wat oor die seisoene een van ons sterkpunte was, was een van ons swakste aspekte op die dag,” het NHS se breier, Gerhard Holtzhausen gesê.

NHS speel komende naweek teen Eldoraign in die vierde ronde van die Tuks-skolereeks op eersgenoemde se tuisveld.

Lees ook: Hoërskool Nelspruit puik in Tuks-skolereeks

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button