Vlammies se eerste netbalspan is reg vir die seisoen
Die span wat verlede jaar as o/16-spelers aan die SA's deelgeneem en net een wedstryd verloor het, beplan om vanjaar skoonskip te maak.
Hoërskool Bergvlam se eerste netbalspan is slaggereed om vanjaar weer na die SA Kampioenskappe te toer.
Lees ook: Isis fighters infiltrate neighbouring Mozambique (Part 1)
Ansie Dawson, spanbestuurder en afrigter van die Vlammies se eerstes, het gesê dat sy baie uitsien na die wintersportseisoen en reken dat hulle ‘n goeie kans staan om goed te presteer.
As hoofborg van die eerste netbalspan het die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe (KMIA) tydens ‘n seremonie by die lughawe vir die spelers hulle nuwe speelrokkies en sportsakke oorhandig.
Lees ook: Islamic radicals target SA schoolchildren (Part 2)

Die lughawe se besturende direkteur, Marius Nel en bemarkingsbestuurder, Cat Nienaber het die oorhandiging behartig en elke speler sterkte toegewens vir die seisoen wat voorlê.
Bergvlam se eerste netbalspan en afrigter wil graag van die geleentheid gebruik maak om hul opregte dank teenoor KMIA se bestuur uit te spreek.
Lees ook: Terror groups in SA – the shocking facts (Part 3)

