Fuzani terug vir Pumas, Smith begin
Voormalige losskakel van die 2018 Varsitybekerkampioene, Maties, Chris Smith maak môre sy buiging vir die iCollege Pumas teen die Vodacom Blou Bulle in die SuperSport-uitdaagtoernooi op Nelspruit Rugbyklub.
Die Stellenbossers het Pukke in die eindstryd met 40-7 vermorsel.
Smith se insluiting by die Pumas bring veral verligting op nommer 10 met die dat Kobus Marais ‘n enkeloperasie moet ondergaan.
Slot Tazz Fuzani maak sedert die aanvangs van die 2017 Curriebeker sy terugkeer na las van ‘n skouerbesering wat hom meer as nege maande langs die kantlyn gedwing het.
Loskopstut De-Jay Terblanche draf in sy 175ste wedstryd vir die Pumas uit. Francois Rossouw het destyds in 183 wedstryde in die pienk-en-grystrui gespeel.
Pumabreier Brent Janse van Rensburg het drie veranderinge aan die vaste vyf aangebring met Louis Albertse in die beginspan en Marné Coetzee wat van die plaasvervangersbank af sal speel. Cameron Lindsay is ook terug in die begin 15-tal. Jannie Stander is op die bank.

Stefan Ungerer (skrumskakel) en Ruwellyn Isbell (vleuel) vervang Abrie Griesel (nie deel van 22-tal nie) en Johann Vermaak (besering) in die begin span. Jerome Pretorius en Justin van Staden wat albei van ‘n besering terugkeer, word van die bank af gespeel.
Die wedstryd skop om 15:00 af.
Pumas
15. Devon Williams
14. JP Lewis
13. Barend Smit
12. Hennie Skorbinski
11. Ruwellyn Isbell
10. Chris Smith
9. Stefan Ungerer
8. Willie Engelbrecht
7. Nardus van der Walt
6. Brian Shabangu
5. Cameron Lindsay
4. Tazz Fuzani
3. Louis Albertse
2. Marko Janse van Rensburg
1. De-Jay Terblanche
Plaasvervangers
16. Simon Westraadt
17. Marné Coetzee
18. Jannie Stander
19. Hilton Lobberts
20. Reynier van Rooyen
21. Jerome Pretorius
22. Justin van Staden.

