Local sportSport

VIDEO: Banele is Suid-Afrika se volgende Beast

Sportredakteur van Laevelder, Carli Koch gesels met Hoërskool Nelspruit se stut, Banele Mthenjane.

Hoërskool Nelspruit se Banele Mthenjane is nie net ‘n briljante rugbyspeler nie, maar min weet dat hy ‘n stem van ‘n engel het.

Banele was in 2017 deel van die Suid-Afrikaanse Skolespan wat in ‘n o/19-reeks teen Wallis, Frankryk en Engeland te staan gekom het.

Banele is die derde stut van NHS wat vir bogenoemde span gekies is.

In 2016 was hy deel van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) se “droomspan” wat ‘n oefenkamp in Stellenbosch deelgeneem het.

Vroeër vanjaar was hy deel van Saru se ontwikkelingsgroep wat ‘n oefenkamp bygewoon het.

Sy droom is om volgende jaar ‘n plek in die junior Bokkies se Wêreldbekerspan los te speel en dan om hopelik Suid-Afrika se volgende Beast te wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button