Local sportSport

Rugbyspelers en swemmers maak Lanies trots tydens skoolvakansie

Twee van Laerskool Malelane se swemmers het tydens die vakansie aan kampioenskappe deelgeneem en twee rugbyspanne was by 'n rugbyweek.

MALALANE – Laerskool Malelane se sportlui het tydens die vakansie geensins slapgelê nie.

Twee swemmers, Rossouw Janson en Henning Radley, het puik presteer by die Swem SA Vlak-2 Oostelike Area Swemkampioenskappe in Sasolburg van 4 tot 6 April.

Daar het 480 swemmers van 70 klubs van onder meer, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Mosambiek, Kenia en Tanzanië deelgeneem. Die ervaring was ‘n senutergende een vir die o/10- en o/12-swemmers, aangesien dit hul eerste deelname aan so ‘n groot byeenkoms was.

LEES: Two Lanies dash their way to SA Championships

Rossouw het ‘n goue medalje in die 50 m-vlinderslag gewen danksy ‘n tyd van 34,7 sekondes, ‘n silwer in die 100 m- vlinderslag verower en persoonlike beste tye in al vier sy items aangeteken.

Henning het in vier van sy vyf items sy persoonlike beste tye verbeter. In die 50 m-vryslag, sy gunstelingitem, was daar 68 swemmers en die kompetisie was straf. Daar was minder as twee sekondes verskil tussen tweede en 16de plek. Hy het met ‘n tyd van 35,07 sekondes in 16de plek beland.

Die Lanies se o/11- en o/13-rugbyspan het tydens die vakansie aan ‘n rugbyweek in Volksrust deelgeneem.

Hulle moes vyf wedstryde teen laerskole Marietjie van Niekerk, Pionier, Nylstroom, Ficksburg en Volkskool speel.

Alhoewel die o/11-span al hul wedstryde verloor het, het hulle baie gegroei as spelers.

LEES: Lanies lig die wen-trofee by Panorama Interlaer

Kwanele Mkhiza, Andile Mayisa, Sinenhlanhla Dlamini, Mncedisi Mongwe en Jan Malan het elkeen ‘n Speler van die Wedstryd-toekenning ontvang.

Die o/13-span het ‘n algehele derde plek behaal en die Kanniedoodtrofee vir die span met die meeste deursettingsvermoë ontvang. Hulle het drie wedstryde gewen en twee verloor.

Xander Matthee, Siphesihle Dlamini, Sihle Mkhatshwa, Fumani Chauke en Ben Janse van Vuuren is elkeen aangewys as speler van die wedstryd.

Siphesihle Dlamini is ook as die week se beste voorspeler aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button