Local sportSport

Totsiens en vaarwel Hein Mentz

Voormalige president van Mpumalanga Rugby-unie (MRU), Hein Mentz het Vrydagaand tydens 'n afskeidsfunksie op die middellyn van Mbombela Stadion die tuig neergelê.

Dit nadat hy na afloop van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie se jaarvergadering tot hul uitvoerende bestuur verkies is.

Hein was 11 jaar by MRU betrokke.

Sy pa, die 91-jarige Moolman Mentz, ‘n oud-Blou Bul-vleuel, en sy Springbokseuns, Henno en MJ, vriende en kollegas het die funksie meegemaak.

AG Visser (nuwe president van die Pumas), Kenny Sonnekus en Hein Mentz.

Hoof- uitvoerende direkteur van die Pumas, Pieter Burger het ‘n skildery wat Hein in sy speeldae in een van sy 31 wedstryde vir Suidoos-Transvaal uitbeeld, oorhandig. Die speler saam met hom in die skildery, is ‘n voormalige Bok Piet van Deventer.

Foto’s: Hennie Homann / www.hhphotoxpress.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button