Groentjies woeker by Puma Kidz-kliniek
Afrigters van Puma Kidz, Morné Crous en Llody Malatji het Saterdag die eerste kliniek van sy soort vir 2018 by Nelspruit Rugbyklub (NRK) aangebied.

‘n Groot groep groentjies – 120 – het dié kliniek bygewoon waar onder die iCollege Pumas se kaptein, Hennie Skorbinski, Gerrit Smith, Neil Maritz, Devon Williams, JP Lewis en Khewzi Mona, kom uit-
help het.
Een van die spelers wat sedert Puma Kidz in 2015 op die been gebring is, Eben van Wyk is een van Crous se suksesstories.
“Eben het baie talent. Toe hy by ons begin oefen het, het hy tuisonderrig ontvang. Ek het vir Penryn geskakel om te hoor of hy saam met die span kan oefen. ‘n Jaar later het ons sy ouers oortuig om hom by Penryn in te skryf. Hy is nou eers o/12, maar hy speel reeds vir die eerste span.”
Nog ‘n speler wat Crous uitsonder, is Laerskool Nelspruit se Hugo Greylingh.
“Hugo het as speler soveel gegroei. Hy het verlede jaar vir Nellies se vierde span uitgedraf en vanjaar het hy opgeskuif tweedes toe.”















