Afrigtingskorps beïndruk na kompetisie
Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) se Jasmin Muller het die hoogste gemiddeld van 9,26 na afloop van dié akademie se voorbereidingskompetisie vir vlak drie behaal.
Caylin Bodenstein, ook vlak drie, was kort op Jasmin se hakke met 9,13 en Karmia van Jaarsveld het ook met ‘n puik gemiddeld van 9,01 gespog.
Hierdie voorbereidings-kompetisie dien as een van twee kwalifiserende rondes om tot die Mpumalanga-span verkies te word.
“Die gimnaste het so goed gedoen en ons as afrigtingskorps is opgewonde oor die seisoen wat voorlê,” het afrigter Maré Putter gesê.
Janco van der Westhuizen was die top-atleet vir seuns vlak drie met ‘n gemiddeld van nege. Bernard Calitz (vlak een) het ook die nege-merk oorskry.
Dogters
Vlak 1, goud
Shani Lombard
Mienke van Zyl
Layla Wienand
Delia Smuts
Lua Henning
Lize-Mari van der Walt
Carmen Venter
Johne Fourie
Simone Cussons
Alieka van Zyl
Mikayla Herbst
• 21 silwermedaljes en vier brons.
Vlak 2, goud
Anzel Moolman
Siyanda Xaba
Ceri Myburgh
Milnie du Toit
Sienna Hoffman
Chironia van der Walt
• sewe silwer en twee brons.
Vlak 3, goud
Jasmin Muller
Caylin Bodenstein
Karmia van Jaarsveld
Malise de Villiers
• ses silwer.
Seuns
Vlak 1, goud
Bernard Calitz
Vlak drie, goud
Janco van der Westhuizen
• vyf silwer en vyf brons.

