Local sportSport
Jongklomp gerat vir seisoen
Laerskool Laeveld het verlede week gasheer vir laerskole Bergland, Nelspruit, Witrivier en Laeveld se o/9-netbaldogters gespeel.
Bogenoemde skole kry ‘n geleentheid om die o/9’s op hul bane te verwelkom met die oog op ontwikkeling voordat hulle volgende jaar aan die Laeveldliga begin deelneem.
Die dogters moet twee posisies in ‘n wedstryd speel sodat hulle kan leer wat van die verskillende posisies verwag word.
Hoewel die meeste van die dogters dié sport reeds van ‘n vroeë ouderdom af geniet, het die ouers dit tien teen een nog meer geniet om hulle kinders in aksie te sien.
Lees ook: Groot aksie in laerskool-derby
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







