Twee silwer vir Christo jr.
Witrivier Stoeiklub (WSK) se Jannie Beukes en Christo Nagel jr. het elk met medaljes na afloop van die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe, teruggekeer.

Beukes, wat aan die meester-vrystylafdeling meegeding het, het goud verower terwyl Christo in die Grieks Romeins- en vrystylkategorie tweede plekke behaal het.
Jean-Michael Delassus het sesde in vrystyl geëindig. Jean-Michael was ook onlangs in die Mpumalanga Stoei- vereniging (MSV) se Presidentskole-toernooi in aksie waar hy ‘n goue medalje om sy nek gehang het.

Sy spanmaats, Danilo Pretorius en Blessing Lebotsa, wat ook in dié toernooi gestoei het, het onderskeidelik goud en brons verower.
Nóg uitslae
MSV, tweede Pumatjie-toernooi
14 April, Sasol Sport- en Rekreasiesentrum
• Danilo Pretorius – sesde knopie
• Keagen Dellassus – sesde
• Alvino Braam – vierde
• Blessing Lebotsa – tweede
• Vaughan Rourke – tweede
• Nelius Janse van Vuuren – tweede
• Jacob Drimie – eerste
• Malachi Pieters – eerste
• Ben Halbich – eerste
• Ethan Halbich – eerste.
MSV-ligakampioenskappe, vrystyl, Presidentskole
14 April, Sasol Sport- en Rekreasiesentrum
• Danilo Pretorius – silwer
• Jaen-Micheal Dellassus – goud
• Blessing Lebotsa – silwer
• Keagen Delassus – deelnemersmedalje.

