Local sportSport

Komati gimnaste kry goud by eerste provinsiale kompetisie

Gimnaste van die AeroArt Gimnastiek Akademie in Komatipoort het 'n hele paar goue medaljes tydens hul heel eerste provinsiale kompetisie verwerf.

Die Komatipoort-span het op 21 April in Middelburg teen die Dolfyne te staan gekom en Courtney Steyn, Kaitlynn Williams, Meya Kleynhans, Summer Steyn, Elzane Gililand en Tyla-Anne Dibb was die toppresteerders.

Die klub is in 2017 deur Ezielle Basson gestig en het tot 40 lede gegroei.

Chandré Niemand, ‘n dieëtkundige, is Basson se assistent en die wenspan het die gimnaste gehelp om deeglik vir die kompetisie voor te berei.

Die klub oefen elke Maandag- en Woensdagmiddag by die Hervormde Kerksaal in Liebenbergstraat.

LEES: Komaties atlete swem en draf teen SA se bestes

Lede se ouderdomme wissel van vier tot 18, maar belangstellende volwassenes is ook welkom.

Die ritmiese gimnastiek behels dat deel-nemers met apparate soos balle, linte, toue en selfs hoelahoepels dans.

Die klublede se ouers is baie trots op wat hulle behaal het en bedank die twee afrigters vir hul puik werk.

Die gimnaste berei tans voor vir die Mpumalanga-proewe wat op 19 Mei plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button