Local sportSport

Spoghings enigste in Suid-Afrika

Fransicso het twee klasse na afloop van Dressage Suid-Afrika se uitdaagtoernooi, gewen.

Jandalise Venter en haar jong hings, Fransicso het twee klasse na afloop van Dressage Suid-Afrika se uitdaagtoernooi, gewen.

Hul persentasie van 64 % in die opwarmingsklas en 73 % in die kampioenklas, het die twee blourosette verower.

Jandalise en Fransisco het ook die Mpumalanga Dressage-reeks (2) by Uplands einde Maart 2018 deelgeneem waar hy sy heel eerste skou se klasse oorheers het met 66,6 % vir die stap- en draftoets en 63,6 % vir die prelim twee toets.

Dié spoghings is die enigste van sy soort in Suid-Afrika wat Sandro Hit (pa se pa) en Olympic Ferro (ma se pa), wat destyds die top-vyf-Olimpiese dressage perde was, in sy bloedlyn het.

Hulle het reeds verlede jaar die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir jong perde, wat deur Engeland beoordeel was, gewen.

Jandalise, wat sedert sy vier was begin perdry het, het Fransisco gekry toe hy een jaar oud was. Sy het hom self geleer en groot gemaak.

Hy staan ‘n goeie kans om binnekort in die grandprixreeks deel te neem – ‘n waarin min perde slaag om te kan deelneem.

Also read: Maseko defeats the screaming monster

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button