Local sportSport

Mei-kolom met Maré Putter

Afrigter van Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA), Maré Putter het 24 jaar terug dié akademie op die been gebring. Sy was self 'n Springbokgimnas én 'n nasionale kampioen.

Wanneer jy val, moet jy opstaan en weer probeer. Dit is hoe wenners gekweek word.

 
Putter gesels oor die lang ure, gedurige spierpyn en opofferinge om oplaas bo uit te kom.

 
Gimnastiek is ‘n wonderlike sport wat op ‘n kind se totale ontwikkeling fokus. Spierkrag, uithouvermoë, soepelheid, konsentrasie, koördinasie, ruimtelike oriëntasie, balans, aangeleerde refleks en groot- en klein motoriese vaardighede vorm die basis van enige sport.

 
NGA het al nasionale kampioene opgelewer en meeste van hierdie gimnaste het op ‘n vroeë ouderdom met gimnastiek begin.

 
Daar is baie min gimnaste wat aanhou en uithou tot op die hoogste vlak van deelname, en daar is soveel ander sporte waaraan kinders graag wil deelneem. Baie gimnaste met natuurlike talent moet op ‘n latere stadium kies – of om ‘n skoolsport te beoefen of gimnastiek – en baie keer moet gimnastiek die knie buig en dit is baie jammer.

 
Die tweede kwartaal van die jaar, is kompetisieseisoen vir vlak een tot drie gimnaste. Die tweede voorbereidingskompetisie vind binnekort plaas. Gimnaste wat daar kwalifiseer, staan ‘n kans om aan die eerste Mpumalangaproewe deel te neem. ‘n Sekere persentasie moet behaal word om vir die tweede provinsiale proewe te kwalifiseer.

 

 

LEES OOK: Rugby loop in AG Visser se bloed

 
Die laaste kompetisie van die jaar is die Noord-Zone, waar vyf provinsies se vlak een- tot drie-gimnaste teen mekaar meeding.
Vlak vier en hoër is baie meer kompeterend en ‘n ander kode word gebruik om gimnaste te beoordeel. Hierdie gimnaste se kompetisieseisoen begin eers Julie en strek tot Oktober wanneer die Suid-Afrikaanse kampioenskappe plaasvind.

 
Sedert verlede jaar het ek begin om gimnassies tussen ses en sewe jaar af te rig. Die doel hiervan was om hulle reeds vanaf ‘n vroeë ouderdom gereed te kry om hul vaardighede vinniger op ‘n vlak te kry om sodoende hulle hul volle potensiaal kan bereik met die hoop op internasionale deelname.

 
Drie gimnaste van NGA is in die verlede gekies om in verskeie Afrika-lande soos Namibië en Zimbabwe te gaan deelneem. Hierdie gimnaste word by SA’s geïndentifiseer.

 

LEES OOK: Afrigtingskorps beïndruk na kompetisie

 
Vir gimnaste om op junior- of senior Olimpiese vlak te kompeteer, of selfs in die Statebond Spele verg ongelooflike harde werk – ses ure in die gimnastieksaal elke dag, ses dae per week.

 
Destyds toe ek op internasionale vlak deelgeneem het, het ek gevoel of niemand verstaan wat dit kos om op hierdie vlak in aksie te wees nie, maar as ek vandag terugdink, is ek glad nie spyt nie.

 
Vier-en-twintig jaar gelede het ek die klub met geen apparaat of saal op die been gebring. Harde werk, deursettingsvermoë en baie geloof is my droom 10 jaar terug bewaarheid toe my man vir ons ‘n gimnastieksaal op Hoërskool Bergvlam se gronde gebou het. Ons is steeds dankbaar vir Bergvlam wat destyds die nodige ondersteuning en begrip gehad het vir die bevordering en ontwikkeling van die sport.

 
Ek droom daagliks oor die toekoms van NGA en ek hoop om in die nabye toekoms weer ‘n nasionale kampioen op te lewer. Wie weet… dalk selfs ‘n Springbokatleet.

 

LEES OOK: Klein Karmia wéér een van NGA se sterre

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button