Local sportSport

Barberton se eerstes is steeds onoorwonne

Die Virseker Ehlanzeni Mediumskole-beker het Saterdag kookpunt bereik toe Hoërskool Barberton se eerste span hulle onoorwonne status en eerste plek in die reeks verdedig het. 

Dit nadat hulle vir Penryn ‘n reuseloesing van 57-12 op hulle tuisveld gegee het. Barberton het ook die gasheer se o/14’s, o/15’s en o/16’s pak slae gegee.

Op Lowveld High se velde het Bergvlam se eerste span in ‘n tipiese naelbyt-derby-wedstryd, Lowveld High 38-31 in die doodsnikke gewen.

Bergvlam en Curro lê gesamentlik derde op die punteleer, en Lowveld High het afgeskuif na vierde plek.

Vlammies geniet komende naweek tuisveldvoordeel wanneer hulle teen Kanonkop, wat tans tweede lê, kragte meet.

Bergvlam kon die seisoen slegs teen Curro nie die wa deur die drif kry nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button