Local sportSport

De Freitas, Greg agt medaljes ryker

Nelspruit Swemakademie (NSA) se Raymond de Freitas het onlangs opspraak gemaak deur agt medaljes tydens die SA Jeug en Senior Nasionale Kampioenskappe in Newtonpark, Port Elizabeth los te swem. Agt plaaslike swemmers het die provinsie daar verteenwoordig.

De Freitas, wat in die afdeling vir gestremde seniors in aksie was, het goud in die 100 m-borsslag verower terwyl spanmaat Jaco Britz in dieselfde kategorie twee derde plekke in onderskeidelik die 50 m-borsslag en die 200 m- individuele wisselslag ingepalm het.

Uniswim Nelspruit se Dylan Boshoff (derde), Jetro Piso (silwer en goud) en Curro Swemakademie se Carla Mouton (eerste) was van die ander plaaslike swemmers wat podiumplekke behaal het.

Carla Mouton.

So het ons swemmers presteer:
Jeugkampioenskappe
• Dylan Boshoff, 50 m-borsslag – brons
• Jetro Piso, 400 m-vryslag – silwer; 200 m-vryslag – goud
• Carla Mouton, 200 m-borsslag – goud
• Jakobus Terblanché (deelgeneem).

Elite-kampioenskappe
• Giano dos Santos (deelgeneem)
• Jordyn Minifie (deelgeneem).

Seniors (gestremde swemmers)
Raymond de Freitas
• 50 m-borsslag – silwer
• 100 m-rugslag – brons
• 50 m-vlinderslag – brons
• 50 m-vryslag – brons
• 100 m-borsslag – goud
• 50 m-rugslag – brons
• 100 m-vryslag – brons.
Jaco Britz
• 50 m-borsslag – brons
• 200 m- individuele wisselslag – brons.

Elders in Mpumalanga, het Uniswim se Greg Braithwaite in Sasolburg tydens die Suid-Afrikaanse vlak drie-kampioenskappe, met sewe goue medaljes en een silwer medalje teruggekeer Laeveld toe. Hy het in al agt van sy items persoonlike beste tye behaal. Milche Mulder, wat vir vlak twee in aksie was, het vyf goue medaljes, een silwer- en een bronsmedalje om haar nek gehang.

Milche Mulder.

Nog prestasies
Vlak drie
• Emma Beyers – twee goud
• Shane Jonker – een goud en twee brons
• Danje Obermeyer – een brons
• Mia Viljoen – een goud en een silwer
• Die aflosspan van Mia, Danje, Erica Sibande en Ingrid Banza het ‘n derde plek behaal.
Vlak twee
• Melindie van Rensburg – een goud, een silwer en een brons.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button