Local sportSport

Impalas reken af met die Rooikatte

Toeskouers was Saterdagmiddag beïndruk met die Impalas se spel teen die Rooikatte van Lydenburg op hul tuisveld in Komatipoort.

Die Rooikatte is beslis ‘n span om mee rekening te hou, maar die Impalas het hulle met 27-17 geklop.

Die Rooikatte het eerste punte aangeteken en het in die eerste helfte gelyk na die sterker span. Teen halftyd was die telling 14-3 in hulle guns.

In die tweede helfte het Lydenburg die gaping vergroot deur nog ‘n geslaagde strafskop.

Die Impalas het hard terug geveg en Frikkie Odendaal het ‘n drie gaan druk wat verdoel is deur Cashwell Khoza.

Na nog ‘n suksesvolle strafskop het die puntetelling op 13-17 gestaan.

Impalas se heelagter JP Smit, het agter die doellyn gaan kuier en Khoza het dit weer eens verdoel.

Die span het nou met drie punte voor geloop en was vasberade om die voorsprong te behou.

‘n Onsuksesvolle strafskop vir Lydenburg is gevolg deur ‘n suksesvolle drie deur die Impalas se Frikkie Odendaal in die laaste 10 minute van die wedstryd. Dit is suksesvol verdoel vir ‘n wentelling van 27-17.

Die span het drie ligawedstryd sover gespeel en is tans derde op die punteleer. Lydenburg is heel bo en Barberton tweede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button