Local sportSport

Lyfies woel by pretletiekdag

"Hardloop, my liefie! Vat vyf! Pappa is trots op jou!"

Laerskool Laeveld het Saterdag vir meer as 300 woelige lyfies wat aan die 17de i’langa Mall Pretletiekdag deelgeneem het, gasheer gespeel.

Maats van onder andere Wip en Snip, Stropieland, Cecilia van Wijk, Acasia Voorskool, Little Souls Montesorri, Creative Minds Montesorri, Willetuin, Sugar & Spice, Ruby Rabbit en Wielie Walie het gekaperjol.

Die kleinspan het aan verskillende items soos hekkies, fietsiery, springkasteel, verspring, boontjiesak en hoepelspring deelgeneem. Hulle het ook ‘n hindernis-baan aangedurf en later heerlik piekniek gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button