Local sportSport

Williams is terug vir die Pumas teen die Bulle

Jerome Pretorius, Jeandré Rudolf en Stefan Willemse is in môre se beginspan teen die Vodacom Blou Bulle vir die iCollege se vyfde ronde van die SuperSport-uitdaagtoernooi ingesluit. 

Die drie spelers was nie vir die eerste ronde van die toernooi teen die Bulle beskikbaar nie.

Devon Williams, wat ‘n ruskans gegun is toe die Pumas in hul vorige wedstryd teen die Hino Valke uitgedraf het, is terug op heelagter.

Nardus van der Walt, wat verlede naweek van die bank af gespeel het, is in die begin-span ingesluit met Hilton Lobberts wat las van ‘n besering het. Louis Albertse maak ook sy terugkeer op vaskopstut.

Die Bulle se staatmaker Earll Douwrie het hierdie seisoen 53 punte vir sy span aangeteken en was een van die drie-drukkers teen die Pumas in die eerste ronde. Die span van die Jakarandastad het 27 drieë agter hul naam terwyl die Pumas 23 vyfpunters op hul kerfstok het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button