Kwetternes oorweldig deur ondersteuning by gholfdag
Te midde van ekonomiese druk het borge hulle sakke geskud om Kwetternes Kleuterskool op 19 Mei tydens hul jaarlikse gholfdag te ondersteun.
Sowat 54 spelers het aan die vierbal, beterbal en scramble drive gholfdag vir Kwetternes Kleuterskool in Komatipoort deelgeneem.
Hulle kon tydens ‘n rustige dag op die baan goeie pryse losslaan.
Chris Coetzee en Davey Fouché was in die eerste plek met 48 punte en Danny Cato en Henk Grobler tweede met slegs ‘n punt minder. Op 45 punte was Jacq Nel en Meyer Horn in die vierde plek, gevolg deur Johan Maré en PJ Loock met 44 punte.
LEES: Golfers enjoy four days of their favourite sport at the 34th Malalane Toyota Lalapalm Tournament
Op putjie sewe en 17 was Kevin Nott naaste aan die pen en Pietman Maritz het die prys vir putjie nege gekry.
Die pryse vir die langste dryfhou is aan Fouché en Leonie Grové toegeken.




