Local sportSport

Noordsone wink vir gimnaste

Nelspruit Gimnastiekakademie (NGA) het die afgelope naweek in die voorlaaste provinsiale proewe vir vlak een tot drie, 57 gimnaste opgelewer wat hul junior Mpumalangakleure verwerf het.

Die gimnaste vertrek eerskomende naweek na Ermelo vir die finale proewe waartydens hulle ‘n sekere gemiddeld moet behaal om na die Noord-Sonekampioenskappe deur te dring.

Bernard Calitz (vlak een) en Jean du Toit (vlak twee) het ‘n gemiddeld van bo nege, wat platinumstatus is, behaal.

Bernard Calitz.

Die vlak een-dogters wat platinum-status verower het, is Marina Cussons, Alieke van Zyl, Mikayla Herbst, Layla Wienand, Carmen Venter en Lize-Marie van der Walt.

Anzel Moolman, Leandrie Kruger, Chironia van der Walt en Sienna Hoffman het ook ‘n gemiddeld van nege vir vlak twee vasgepen, terwyl Karmia van Jaarsveld, Xi-ane Roets, Caylin Bodenstein, Jasmin Muller, Marlia Spreeth en Malise de Villiers vir vlak drie dieselfde gemiddeld behaal het.

Malise de Villiers.

Nege van NGA se atlete het silwermedaljes verower met sewe wat bronsmedaljes ontvang het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button