Local sportSport

Van Staden, Joubert speel in begin-15-tal

Die iCollege Pumas-afrigter, Brent Janse van Rensburg, het vyf veranderinge in sy span aangebring wat môre teen die Xerox Goue Leeus in die SuperSport-uitdaagtoernooi op Mbombela Stadion te staan kom.

Groentjie van die Haaie, Morné Joubert sal sy debuut op regtervleuel in die plek van JP Lewis, wat nie vir die kragmeting beskikbaar is nie, maak.

Justin van Staden wat al meer as 350 punte in die Pumatrui op sy kerfstok het, vervang die beseerde Chris Smith op losskakel. Gerrit Smith wat twee weke gelede teen die Hino Valke van die plaasvervangersbank opgedraf het, is op buitesenter gekies weens Jerome Pretorius wat ‘n hou teen sy oogbank gekry het.

Hugo Kloppers sal vir die eerste keer hierdie seisoen in die nommer-vyf-trui begin met Cameron Lindsay wat na die plaasvervangersbank toe skuif.

Barend Smit kan sy debuut in die pienktrui vanaf die plaasvervangersbank maak met nóg ‘n voormalige speler van die Haaie, Wayno Visagie wat in die 22-tal ingesluit is.

Afskop is om 15:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button