Local sportSport

Komati jukskeispelers meet hul vaardighede teen SA Meesters

Jukskeispelers van Komatipoort kon sien hoe hulle opweeg teenoor SA Jukskei Meesters tydens die nasionale span se jaarlikse toer.

Komatipoort se jukskeispelers het verlede week die kans gehad om teen SA Jukskei Meesters te speel.

Die nasionale span, wat uit spelers van regoor die land bestaan, was van 26 Mei tot 3 Junie op ‘n toer deur Mpumalanga en Pretoria. Hulle het gepoog om die sport te bevorder en opleiding te bied.

LEES:Jukskeiklubs dreun mekaar by liga op

Die groep het uit Pretoria na Morgenzon gereis, waar hulle ‘n vertoonwedstryd aan die skool gebied het. Daarna het hulle in Hendrina opleiding aan skoolkinders gebied. Swak weer het deurnagwedstryde in Middelburg onderbreek.
Komatipoort is daarna aan die beurt en die groep het gesellig saamgespeel en -kuier.

Die aand se meesterwenner was Marthie Williamson, Belinda Broodryk was die plaaslike klub se wenner en Kobus Lourens die top junior.

Die SA span het daarna deur die wildtuin na Polokwane gereis en die toer met wedstryde in Naboomspruit geëindig.

LEES: Community taught about malaria through sports and drama

Die Komatipoort Jukskeiklub bestaan al sedert 2015 en oud en jonk is welkom. Oefening is Maandae, Woensdae en Vrydae om 17:00 by die Komatipoort Sportgronde (agter die gym).

Elke jaar word daar ses ligawedstryde aangebied en lede kan ‘n kursus in Kroonstad bywoon. Hulle kan selfs vir die SA’s kwalifiseer en hul nasionale klere verwerf.

Vir meer inligting oor die klub, skakel 083-231-5102.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button