Local sportSport

Gees en durf besorg Komati stoeiers medaljes en ‘n trofee

Komatipoort Stoeiklub se lede het talle medaljes en 'n geestrofee oor die naweek by toernooie in Mbombela gewen.

Tien stoeiers van Komatipoort spog met medaljes na die Mpumalanga Stoeivereniging se klubkampioenskappe die afgelope naweek in Mbombela. Verskeie jongelinge het ook aan die derde Pumatjie-toernooi deelgeneem.

Die 18 stoeiers het gepronk in stoeipakke en klubklere te danke aan hul borge en die klub is baie dankbaar vir die kosbare bydrae.

LEES: Wilde Honde-stoeiers wen geestrofee in Secunda

Tydens die klubkampioenskappe (vir gr. 4 en ouer) het Jayden Scott, Fernando Coetzee, Tom Bakker, Wessel van Wyk en Keauna Lombard goue medaljes verwerf. Gideon Gilliland, Frikkie Eloff, Haywood van der Merwe en Nico van der Merwe het silwermedaljes gekry en Jurie Snyman het ‘n bronsmedalje behaal.

LEES: Komati spog nou weer met puik stoeiklub

Die seuns wat aan die Pumatjie-toernooi deelgeneem het, het vir die tweede agtervolgende keer die geestrofee gewen en deelnemermedaljes verwerf.

Vir enige navrae oor Komatipoort Stoeiklub, skakel voorsitter Hannes Eloff by 082-467-3580.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button