Local sportSport

Van Krokkonelletjie tot provinsiale netbalspeler

Voormalige leerder van Hoërskool Nelspruit, Lyné van Huyssteen speel vanjaar in haar eerste Brutal Fruit Netbal Premierliga (BFNPL) vir die Mpumalanga Sunbirds.

Dié 20-jarige is ‘n derdejaar-onderwysstudent by Tukkies.

Sy was verlede jaar deel van Tuks se span by Universiteit Sport Suid-Afrika (Ussa) waar sy ook vir die provinsie se senior B-span by die SPAR Nasionale Kampioenskappe opgedraf het.

Vanjaar is sy weer vir die senior B-span vir die SPAR-kampioenskappe gekies wat in Port Elizabeth gespeel gaan word.

Proteaspeler, Erin Burger is een van Lyné se afrigters by Tuks. Burger is lid van die Gauteng Jaguars vir die BFNPL.

“Ons oefen saam met spelers soos Izette (Griesel, Proteas) en Melissa (Kotze, Proteas). Jenny (van Dyk) wat Tukkies se afrigter is, is ‘n ongelooflike afrigter en ek leer so baie by die Proteaspelers.”

“My ma Lynette en my pa Andries, het nog nie een van my wedstryde gemis nie. Hulle is my steunpilare en daar is niks lekkerder as om hulle op die paviljoene te sien om my aan te moedig nie.”

Hoewel dié studierigting nie haar eerste keuse was nie, het sy na sy die eerste keer by haar alma mater, Laerskool Nelspruit geproef het, gou besef dat dit iets is wat sy wil en moet doen. Sy het sedert o/15-speler nog elke jaar die Mpumalanga-span gehaal waar sy haar staal onder die pale, op hulpdoel wys.

Volgende jaar mag dalk haar laaste netbaljaar wees, maar sy gaan nie haar netbalbal wegbêre nie. Sy sal graag by afrigting betrokke wil raak.

Die BFNPL loop komende naweek ten einde. Die finale word Vrydag en Saterdag by Tukkies gespeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button