Gholfdag help om kerk se koffers aan te vul
Ideale gholfweer en meer as R50 000 se pryse het Saterdag gesorg dat plaaslike spelers NG Malelane se jaarlikse gholfdag terdeë geniet het.
Sowat 60 mense vanoor die gemeenskap het Saterdag aan die NG Kerk Malelane se jaarlikse gholfdag by die plaaslike gholfklub deelgeneem.
Die vierballe het van jong amateurmeisies tot veterane in hul 80’s ingesluit. Die oudste vierbal van Charles van Veijeren, Angelo Veneziano, Dave Elphick en Chris Guntir is gesamentlik amper 350 jaar oud en speel die laaste drie jaar tydens die gholfdag saam.
LEES: Gholfspelers slaan af ten bate van die kerk
In die beterbal-Stableford-formaat het die volgende spelers koning gekraai
• Eerste: Johan Walters en Hennie Snyman
• Tweede: Roelf Fritz en Jacques Venter
• Vierde: Dave Rothwell en Koos van Zyl
• Vyfde: Georg Muller en Ricky Coetzee
• Sesde: Nico Matthee en Eddie Wilken.
Roelf Fritz, Jacques Venter, Georg Muller en Ricky Coetzee het die Leopard Creek-prys gewen.
Pryse het verblyf, gholf by Leopard Creek, olifantinteraksies asook talle kleiner items ingesluit.
Die organiseerders bedank al die borge wat ruimhartig bygedra en die kerk ondersteun het.





