Local sportSport

Jetro, Jordyn is provinsie se beste

Uniswim Nelspruit se Jetro Piso het skoonskip by Mpumalanga Swem se toekenningsaand gemaak. Hy is as die provinsie se beste seunswemmer gekroon.

Vroeër vanjaar tydens die jeugkampioenskappe in Port Elizabeth, het Jetro ‘n silwermedalje in die
400 m-vryslag, waarvoor hy ook vir die beste individuele prestasie benoem is, verower asook ‘n eerste plek in die 200 m-vrystyl.

Sy persoonlike beste tyd in die 400 m-vrystyl is 4:13,57.

Spanmaat, Jordyn Minifie is as die dogters se senior swemmer van die jaar aangewys.

Jordyn Minifie.

Jordyn het drie rekords in onderskeidelik die 50 m-borsslag,

50 m-vlinderslag en die 100 m-rugslag by vanjaar se interhoër verbeter.

Nog ‘n atleet van Uniswim, wat in die jeug-ontwikkelingsgroep ingesluit is, Brooklyn Croxon (o/14) het ses eerste plekke by die interhoër behaal. Sy het die toekenning vir die beste individuele prestasie deur ‘n dogter in die 200 m-vryslag ontvang. Haar persoonlike beste tyd in die item is 2:08,3.

Brooklyn Croxon.

Jordyn, Giano dos Santos (Nelspruit Swem Akdemie), Jaco Brits (Estralita) en Raymond de Freitas (NSA) het erekleure ontvang.

Brooklyn en Erica Sibande is in die nasionale oefengroep, wat die naweek aan ‘n oefenkamp deelneem, ingesluit.

Nog toekennings
• Michelle Esterhuizen – meesterswemmer van die jaar, Nelspruit Swem Akademie
• Jaco Brits – mees gevorderde multi-gestremde swemmer, Estralita
• Julian Andrew – mees gevorderde seunswemmer, Midwit
• Milche Mulder – mees gevorderde dogterswemmer, Uniswim Nelspruit
• Miela Banza – voormalige benadeelde swemmer – Uniswim Nelspruit
• Cristelle Kriel – gestremde swemmer, NSA
• Emmanuela Banza – sterswemmer, dogters, Uniswim (learn to swim, LTS)

 


• Tsakani Siwele – opkomende swemmer, seun, Uniswim LTS
• Jane du Preez – opkomende swemmer, dogter – Aqua Kidz LTS
• Du Toit Kotze – sterswemmer, seuns, Aqua Kid LTS
• Schalk Loock – opkomende swemmer, seun – Curro LTS
• Emma Terblanche – opkomende swemmer, dogter – Curro LTS
• Mia de Klerk – sterswemmer, dogter – Fins LTS
• Joshua van der Nest – opkomende swemmer, seun – Guppy LTS
• Megan van den Heever – opkomende sterswemmer, dogter – Guppy LTS
• Jacey Bekker – ope-water swemmer van die jaar, seun
• Thelise Saunders – ope-water swemmer van die jaar, dogter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button