Local sportSport

Tuishalfeind wink vir Pumas

Die iCollege Pumas se kaptein, Hennie Skorbinski is nie vir Sondag se laaste groepwedstryd van die SuperSport-uitdaagtoernooi, weens griep teen die Hino Valke beskikbaar nie. 

Die Pumas wat nog nie een van hul sewe kragmetings in die toernooi verloor het nie, sal in die Bill Jardine Stadion in Longdale, Johannesburg om die algehele eerste plek meeding.

Verdedigende kampioene, die Westelike Provinsie het in die agtste week van die toernooi, gelykop teen die Vrystaat Cheetahs gespeel.

Tafel Lager Griekwas, die voorloper in die sentrale streek, het een wedstryd verloor en hulle behoort derde te eindig.

Soos sake nou staan lyk dit of die Pumas in ‘n kwarteindstryd teen of die Sharks XV-tal of die Blou Bulle te staan sal kom.

Die Pumas het 350 punte in sewe wedstryde, die meeste in die kompetisie aangeteken, en het net 123 punte afgestaan – die tweede minste in die kompetisie.

Hulle het ook met hul 47 drieë die tweede meeste drieë in die kompetisie gedruk en die 18 wat hulle afgestaan het, is die heel minste.

Pumas vs. Valke
Devon Williams, JP Lewis, Ryan Nell, Henco Marais, Ruwellyn Isbell, Chris Smit, Abie Griesel, Willie Engelbrecht, Nardus van der Walt, Jeandré Rudolph, Hugo Kloppers, Le Roux Roets, Marné Coetzee, Marko Janse van Rensburg, De Jay Terblanche. Plaasvervangers: Simon Westraadt, Louis Albertse, Cameron Lindsay, Hilton Lobberts, Stefan Ungerer, Justin van Staden, Barend Smit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button