Plaaslike stoeiers van provinsie se beste
Nelspruit Stoeiklub (NSK) het onlangs die Mpumalanga-klubkampioenskap in die Shonalangasaal in Mbombela aangebied.
Ses van NSK se atlete het goue medaljes ontvang terwyl vier met tweede plekke weggestap het.
So het NSK se stoeiers gevaar:
Goue medaljes
• Triston Kleynhans
• Bione Kleynhans
• Stefan Kruger
• Stefan Blom
• Vee-Andre Swanepoel
• Samuel Odendaal.

Silwermedaljes
• Kobus Schoeman
• Samuel Odendaal
• Zander Hamman
• Louis Odendaal.
Van NSK se groentjies het aan die Pumatjiestoernooi deelgeneem waar elkeen met ‘n deelnemersmedalje
beloon is.
Hulle is: Alexander Arendt, Teighler Arendt, Lucah Oosthuizen, Cor Botes, Matthias Odendaal, Louis Odendaal, Samuel Odendaal, Zander Hamman, Hylton Vos, Stefan Blom, Luan Kriel, Charlize Kotze, Bionè Kleynhans en Keagan Buys.
Lucah Oosthuizen en Ignatius Ferreira het onlangs by die Nelspruit Stoeiklub se familie aangesluit. Hulle is net vier jaar oud en is albei op 23 Januarie 2014 gebore.

