Stefan, Carla is NHS se goues
Die 15-jarige swemmer, Carla Mouton is as Hoërskool Nelspruit se sportvrou van die jaar aangewys, terwyl Stefan Smit (18) met die sportman van die jaar-trofee by die skool se jaarlikse prysuitdeling weggestap het.
Carla het tydens die SA Jeug en Senior Nasionale Kampioenskappe wat by Newtonpark, Port Elizabeth beslis is, ‘n goue medalje in die 200 m-borsslag losgeswem.
By die Mpumalanga Kortbadkampioenskappe het sy ook skoonskip gemaak toe sy eerste plekke in die 50 m-borsslag, 100 m-individuele vryslag, 50 m-vlinderslag, 200 m-borsslag, 100 m-borsslag en ‘n silwer in die 100 m- vlinderslag verower het.
Stefan het nie net vele welslae op die atletiekveld behaal nie, maar het ook as sewesrugbyspeler sy merk gemaak.
Die 18-jarige was deel van SA Rugby-sewesakademie se o/18-span wat in die Capricorn Windhoek Internasionale Reeks in aksie was. Hy het in die voetspore van voormalige NHS-speler, Werner Kok wat deesdae vir die Blitsbokke uitdraf, gevolg.
Stefan het vroeër vanjaar by die ASA o/18- en o/20-kampioenskappe in die Paarl, ‘n seisoensbeste afstand van 60,83 m in die spiesgooi aangeteken.
Sporttoekennings
• ABSA atleet van die jaar – Anjel Nel, Douw Kruger.
Atleet
Junior – Rhode Nel, Douw Kruger en Van Reenen Kruger
Senior – Ilke Joubert, Ruan Labuschagne.

• Bergfietsryer – Armand Lombard.
Hokkiespeler
• Junior – Mia Steyn, Allesandro Capazorio en Adriaan Smit
• Senior – Marne van Aarde, Jivan Botha.
Krieketspeler
• Junior – Zander van der Merwe
• Senior – Divan Jacobs.
• Muurbalspeler – Neil Henning.
Netbalspeler
• Junior – Michane Breedt
• Senior – Linmarie Potgieter, Danielle Hoffman.

Rugbyspeler
• Junior – Franco van Rooyen
• Senior – Banele Mthenjane.
• Sewesspeler – Stefan Smit.
• Skaakspeler – Suné du Preez, Johan Visser.
• Swemmer – Carla Mouton, Jetro Piso.
Tennis
• Junior – Eunice Lubbe, Ruben Grundlingh
• Senior – Lize van Biljon, Japie Lubbe.

• Sportvrou van die jaar, buiteskool – Jané Vermaak.
• Sportman van die jaar, buiteskool – Tiaan Schwirzer.


