Local sportSport

Vyf paaltjies in een wedstryd

Klein Schalk van der Westhuizen (10) het verlede week op die krieketveld geskiedenis vir sy skool gemaak.

Schalk, ‘n lid van Whities se o/11A-krieketspan, het die eerste speler in die skool se bestaan geword wat vyf paaltjies in een wedstryd gevat het. Witrivier het teen Laerskool Laeveld te staan gekom.

In vyf beurte het Schalk vyf plaaltjies laat kantel en net 20 lopies afgestaan.

“Maandag tydens saalperiode is Schalk vorentoe geroep. Hy was uit die veld uit geslaan. Dit was ‘n baie spesiale geleentheid vir hom. Hy het die wedstrydbal asook ‘n medalje vir sy prestasie ontvang,” vertel sy ma Amarie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button