Gemeenskapslede waag hul hand aan rolbal om wildstropery te bekamp
Ondersteuners van die Crocodile River Mountain Bewaringsgebied het Saterdag tydens 'n fondsinsamelingskompetisie by die Malelane Rolbalklub vinnig touwys geword in die sport.
Die Crocodile River Mountain Bewaringsgebied, wat in die Mara-omgewing geleë is, het Saterdag by die Malelane Rolbalklub ‘n prettige byeenkoms aangebied om geld in te samel om wildstropery in hulle gebied te bekamp.
Hulle beoog om professionele teenstroperspanne aan te stel om te help.
LEES: Selati Rolbaltoernooi steeds ‘n gunsteling vir spelers regoor SA
Sowat 85 spelers van Malalane, Mara en die Mbombela-omgewing het ingeskryf en oud en jonk het baie gelag, geterg en mekaar aangemoedig in hul pogings om die spel te bemeester.

Alhoewel daar ‘n paar reënbuie uitgesak het, het dit nie die spelers veel gepla nie.
Daar was interessante pryse op die spel en ná die prysuitdeling het die groep saamgebraai en geëet.
Die organiseerders bedank graag die rolbalklub, ondersteuners en borge vir hul bydraes tot die suksesvolle geleentheid.
