Local sportSport

Spelers trotseer die reën vir Hervormde Kerk gholfdag

Nie eers 'n paar reënbuie kon die gesellige luim onder spelers verlede Saterdag by die Nederduitsch Hervormde Kerk Malelane se gholfdag demp nie.

Daar was ‘n tafel vol interessante pryse te wen tydens die Hervormde Kerk in Malalane se jaarlikse fondsinsameling-gholfdag verlede Saterdag (8 September).

Dit is by die Malelane Gholfklub gehou en, ten spyte van ‘n paar reënbuie, het spelers dit baie geniet.

Eddie en Jean-Marie Wilken het met hul 53 punte met die louere weggestap. Gertius Terblance en Jan Combrink was tweede en Gavin en Shereen Jones derde. Albei spanne het 50 punte gehad.

Net een punt agter hulle was James de Villiers en Gerrie Kemp in vierde plek en Roelf Fritz en Jaques Venter in vyfde plek.

Reighart Scholtz en Annette Balcomn het elk die prys vir die langste dryfhou ontvang.

Naaste aan die pen was Hennie Mouton (putjie 2/11), Gavin Jones (putjie 8/17) en Piet du Preez (putjie 9 en 18).

Foto’s van die wenners:

Familie en vriende kon na die prysuitdeling saamkuier en -eet en die Generiese Orkes het lekker sokkiemusiek verskaf.

Ds Kiewiet van Deventer het die veiling behartig, waar gaste en spelers hul hande diep in die sak gesteek het vir items soos geskenkbewyse, olifant-interaksies en vakansieverblyf. Daar is ook ‘n paar pryse weggegee.

Die organiseerders wil graag hulle lang lys borge, ondersteuners en helpers bedank vir hulle waardevolle bydraes.

Hier is nog ‘n paar foto’s van die dag:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button