Koch as spelers se speler van die jaar aangewys
Nelspruit Rugbyklub (NRK) se Francois Koch is as die span se speler van die jaar aangewys toe die klub Saterdagaand sy jaareindfunskie en prysuitdeling gehou het.
Tjokkie van Tonder het met die louere weggestap as die speler wat die meeste punte die afgelope seisoen vir sy span aangeteken het. Hy het 129 punte agter sy naam gehad, gevolg deur Tiaan le Roux
met 105.
Die junior speler van die jaar was Dylon Soderlund. Dylon het ook die meeste drieë aaangeteken, en is beloon vir die 12 keer wat hy agter die pale gaan kuier het. Kort op sy hakke was Jos de Jager en Van Tonder, albei met 11.
De Jager is ook gekroon as die beste voorspeler van die eerste span. Die beste agterspeler was Wilmaure Louw. Nico Sutherland en Stompie Botha is onderskeidelik as beste voor- en agterspeler vir die tweede span aangewys.

Zama Nhlonao is aangewys as die opkomende speler van die jaar, en Stephan de Jager, die belowendste speler.
Die rugbyman van die jaar was Frans Jordaan. Dit is een van die toptoekennings en word aan die speler oorhandig wat op en van die veld af, sy klub se naam hoog-gehou het.
Die hardwerkendste bestuurslid was Frik Viljoen, en Morné Crous is aangewys as die administrateur van die jaar.




